Arthur Ashe

Arthur Ashe
Arthur Ashe op die ABN-wêreldtennistoernooi in 1975 in Rotterdam
Volle naam Arthur Robert Ashe jr.
Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Woonplek Richmond, Virginië
Geboortedatum (1943-07-10)10 Julie 1943
Geboorteplek Richmond, Virginië
Datum van sterfte 6 Februarie 1993 (op 49)
Plek van sterfte New York Stad, New York
Lengte 1,86 m
Gewig 73 kg
Begin professioneel 1969
Afgetree 1981
Spelstyl Regshandig (eenhandig handrughou)
Loopbaan-wengeld $2 584 909
Int. Tennisheldesaal 1985 (ledeblad)
Enkelspel
Loopbaanrekord 634–209[1]
Loopbaantitels 33
Hoogste rang No. 1 (1968)[2]
Grand Slam-uitslae
Australiese Ope W (1970)
Franse Ope KE (1970, 1971)
Wimbledon W (1975)
VSA-Ope W (1968)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord 323–176
Loopbaantitels 18
Hoogste rang No. 15 (30 Augustus 1977)
Australiese Ope W (1977)
Franse Ope W (1971)
Wimbledon E (1971)
VSA-Ope E (1968)
Die Arthur Ashe-stadion

Arthur Robert Ashe jr. (1943–1993) was 'n Amerikaanse tennisspeler. Hy het in 1969 professioneel begin speel en op 1975 die eerste swart man geword wat die mansenkelspeltitel op Wimbledon wen. Hy het drie Grand Slam-enkeltitels in sy loopbaan verower: die Amerikaanse Ope in 1968, die Australiese Ope in 1970 en Wimbledon in 1975. Hy het ook twee Grand Slam-dubbelspeltitels ingepalm: die Franse Ope in 1971 en die Australiese Ope in 1977.[3] Hy het in 1981 uitgetree.

Ashe is op 10 Julie 1943 in Richmond, Virginië in die Verenigde State van Amerika, gebore. Hy is op 6 Februarie 1993 dood ná 'n bloedoortapping met bloed wat met die vigsvirus besmet was.[4]

In 1985 is hy in die Internasionale Tennisheldesaal vereer. Op 20 Junie 1993 het pres. Bill Clinton die presidensiële medalje van vryheid postuum aan hom toegeken. Die Arthur Ashe-stadion in New York Stad is na hom genoem.

  1. "Aurthur Ashe bio at ESPN" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2016. Besoek op 12 September 2016.
  2. (en) ""American Netters Rated 10-1 Favorites"". Toledo Blade. 22 Desember 1968.
  3. ATP-statistiek
  4. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search